Die Minister van Verdediging, Thandi Modise sal na verwagting vandag die leërgevegskool op Lohatla in die Noord-Kaap besoek en ‘n gedenkdiens bywoon vir die ses slagoffers van die brand wat verlede Vrydag die basis verwoes het. Drie weermaglede is steeds in die hospitaal. Modise, haar adjunk en senior lui van die weermag sal ‘n terreininspeksie doen om hulle van die brandskade te vergewis. Begrafnisreëlings vir die ses slagoffers, sal ook bespreek word. Gister het nóg ‘n brand by ‘n nabygeleë myn uitgebreek wat na die weermagbasis versprei het. Die Weermag sê hy is besig om die situasie te evalueer en sal weldra op die jongste brand komentaar lewer.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za