Die Noord-Kaapse provinsiale wetgewer sal
op 19 Oktober 2023 'n openbare verhoor aanbied wat verband hou met die Wetsontwerp
op die Nasionale Gesondheidsversekering wat
by die Thebelihle-gemeenskapsaal in Paballelo sal plaasvind omstreeks 11 uur
die oggend. Die doelwit van die Wetsontwerp
op Nasionale Gesondheidsversekering, is
om universele toegang tot kwaliteit gesondheidsorg vir alle Suid-Afrikaners te
verskaf soos verskans in die grondwet. Die NGV-wetsontwerp poog om dit te
bereik deur te verseker dat niemand van die bogenoemde regte ontneem word weens
hul sosio-ekonomiese status nie. Deur die NGV-wetsontwerp word een openbare
gesondheidsfonds geskep met voldoende hulpbronne om vir die behoeftes van die
hele bevolking te beplan en effektief te voorsien. Skriftelike voorleggings oor
die NGV-wetsontwerp moet voor of op 18 Oktober 2023 by die
Komitee-koördineerder ingedien word.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com