ombud stel ondersoek na brand in

Die Activists and Citizens Forum (ACF) het 'n beroep op die militêre ombud, Vusi Masondo, gedoen om te ondersoek wie verantwoordelikheid moet aanvaar vir die veldbrand waarin ses soldate Vrydag dood is. Drie ander het beserings opgedoen en is steeds in 'n stabiele toestand in die hospitaal. Die Forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê ACF is bekommerd oor wat by die Lohatla-weermag-gevegsentrum gebeur het. Bloem sê, hulle kan nie hierdie aaklige voorval net as een van daardie dinge aanvaar nie en die oorsaak van hierdie voorval moet deeglik deur die militêre ombudsman ondersoek word. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media