kubermisdaad neem toe

Die Suid Afrikaanse Polisie in Upington se luitenant Kolonel Henry Faro waarsku teen misdaad veral die wat verband hou met kuber aktiwiteite. Dit volg na Kenners sê die gebruik van tegnologie om ander te teister, te dreig en te intimideer, ook bekend as 'kuberafknouery' , is 'n belangrike maatskaplike bekommernis in die digitale era. Voorvalle van kuberafknouery het toegeneem namate meer mense, veral die jeug, by die internet en ander sosialemediaplatforms begin betrokke raak. 'n 24-jarige vroulike student in Lichtenburg in die Noordwes-provinsie, wat die slagoffer is van beweerde kuberafknouery en identiteitsdiefstal, sê iemand het 'n vals rekening op 'n pornografiese webwerf gemaak deur haar persoonlike inligting en foto's te gebruik. En haar foon lui sedertdien onophoudelik met ongevraagde oproepe.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media