kimberliet staatsambasadeur

'n leerling van die Kimberley Hoorskool vir seuns, Linathi Makawu (21) is as Mnr Staatsambassadeur 2023 gekroon by die Mnr & Mej Staatsambassadeur skoonheidskompetisie wat onlangs by Rio Casino in Klerksdorp aangebied is. Die derdejaar ekonomiestudent van die Universiteit van Pretoria is ook aangewys as die Beste Geklede en Top 10 Openbare Keuse-deelnemer by die kompetisie met verskeie deelnemers wat hul provinsies verteenwoordig. Makawu sal die mnr Staatsambassadeur 2023-kroon voeg by 'n string nasionale en internasionale titels en toekennings wat hy vanjaar ingepalm het. Hy is in April by die Safari Garden Centre in Lynwood, Pretoria as die 2023-gesig van Arthur Ford gekroon, terwyl hy ook die International People's Choice Award 2023 in sy sak gesteek het, asook die kategorie Manlike Kuns en Ontwerp beklink het.Makawu is ook erken as die mees entoesiastiese manlike kunstenaar vir 2023 en Motiveerder vir SA Seuns. Hy het ook weggestap met die Mnr Gauteng 2023 en Mnr Tshwane Pretoria 2023 titels.Hy is verder aangewys as die top Filantroop, Debutant en Public Choice-deelnemer. In sy missie om die Suid-Afrikaanse vlag hoog te wapper, het Makawu in Julie/Augustus na Kuala Lumpur in MaleisiĆ« gereis, waar hy deel gevorm het van die beoordelaarspaneel by die Mr & Miss Global International-modelkompetisie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media