white city klagtes duur voort

Ses White City-huiseienaars het Sol Plaatje-munisipaliteit daarvan beskuldig dat hulle die eise wat hulle ingedien het vir skade wat hulle tydens oorstromings in die gebied in 2021 gely het, probeer “afvee”. Dit volg nadat verskeie huiseienaars in White City, Roodepan, wat naby die Tlhagengdam woon, eise teen Sol Plaatje Munisipaliteit ingestel het vir skade wat aan hul huise en meubels deur oorstromings en onvoldoende stormdreinering aangerig is. Een van die eisers het gesê dit wil voorkom asof die munisipaliteit hul eise opsy geskuif het en hul uitbetaling vertraag, ondanks die feit dat agt ander eisers reeds vergoed is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media