Matriek eksamen begin 30 Oktober 2023

Dit is die heel laaste stuk voorbereidings vir die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat met die skoolgemeenskap  wie vandag die laaste been van die laaste kwartaal van die 2023 akademiese jaar aanpak. Die aanvangsdatum vir die NSS is vasgestel vir Maandag, 30 Oktober 2023 en sal in die eerste week van Desember ten einde kom. Die Noord-Kaapse klas van 2022 het aansienlike bydraes gelewer tot die slaagpersentasie, wat met 5,4% gestyg het, met die slaagsyfer wat in twee jaar van 66,7% tot 76,4% gestyg het. Die lur verantwoordelik vir onderwys in die Noord-Kaap, Zolile Monakali, het in sy onlangse besoek aan die ZF Mgcawu-distrik die departement se steun aan die klas van 2023 veseker. Die departement is hoopvol om 'n 80%-slaagsyfer te ontvang.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media