Paaie weer bruikbaar vir leerlinge in Namakwa

Die departement van paaie en openbare werke het in ’n amptelike verklaring gekommunikeer dat paaie in die Namakwa-distrik, wat leerders met hul onderskeie skole verbind, herstel is en gebruik kan word. Dit kom ná 'n paar hewige reënbuie die afgelope weke, wat daartoe gelei het dat die paaie wat Leliefontein, Garies, Alexanderbaai, Port Nolloth en Garies hoërskole se paaie verbind tydelik gesluit was. Die span in die distrik moes hard werk om die paaie rybaar te kry voor die skool môre heropen. LUR vir Paaie en Openbare Werke, Fufe Makatong, het haar dankbaarheid uitgespreek teenoor die publiek vir hul geduld en ondersteuning, aangesien die departement daarna streef om die padnetwerk weer normaal te kry.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media