brande in nk

Sommige boere in die Noord-Kaap, wat geraak is deur onlangse brande in die provinsie, glo daar is ‘n moontlikheid dat die brande gestig is. Die John Taolo Gaetswe-streek loop sedert Junie gereeld deur onder veldbrande. Boere neem nog bestek van die skade, maar minstens 480-hektaar weiveld is vernietig, infrastruktuur is beskadig, en talle boere het ook vee verloor. Die boere het ‘n beroep op die regering gedoen om die oorsprong van die brande in en om Kuruman, Kathu en Danielskuil te ondersoek.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media