Die Noord-Kaapse departement van onderwys het Viki Mpompolas, 'n onderwyser by die Hoër Tegniese Skool in Kimberley gelukgewens met haar merkwaardige prestasie en toekenning as die beste onderwyser op die Afrika-vasteland

Die Noord-Kaapse departement van onderwys het Viki Mpompolas, 'n onderwyser by die Hoër Tegniese Skool in Kimberley gelukgewens met haar merkwaardige prestasie en toekenning as die beste onderwyser op die Afrika-vasteland in Sekondêre Skoolonderrig soos toegeken by die Afrika-unie Kontinentale Onderwyserstoekennings wat plaasgevind het in Addis Ababa, Ethiopië. Mpompolas is deur die Departement van Basiese Onderwys genomineer om die land by hierdie toekennings te verteenwoordig. Die onderwysdepartement sê hulle is geweldig trots op haar prestasies en vier Mpompolas vir die groot vordering wat sy maak binne die onderwys sektor.  

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media