Sowat 3 tussen
verkiesings is te wagte om plaas te vind op 11, Oktober 2023 in die Noord-Kaap
wat insluit wyk 3 in die Kai Garib
munisipale area waar 6 kandidate mekaar die stryd sal aansê wat ses politieke
partye insluit. Die wyk was voorheen verteenwoordig deur die ANC en het vakant
geword nadat die raadslid gesterf het. Die kiesersopkoms vir die wyk in die
2021 munisipale verkiesing was 60.44%.
In wyk 6 in die Siyancuma Munisipale
area sal een onafhanklike kandidaat en twee politieke partye meeding. Die wyk
was voorheen verteenwoodig deur die ANC en het vakant geword na die raadslid se
sterfte, gevolg met ‘n tussen verkiesing in wyk1 in die Sol Plaatie munisipale
area waar een onafhanklike kandidaat en kandidate van ses politieke partye teen
meekaar te staan sal kom. Die wyk was ook voorheen deur die ANC verteenwoordig.
Die wyk het vakant geword nadat die
raadslid bedank het.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com