25 ure in donker weens kabeldiefstal

Woortvoerder vir die Dawid Kruiper municipaliteit Patrick Williams sê, kabeldiefstal bedreig die plaaslike ekonomie en veiligheid van wetgehoorsame inwoners. Dit volg na die suide van Upington onlangs meer as 25 ure in donker gelaat was toe kabels beskadig is. Wiliiams sê die praktyk neem geweldige afmetings en moet met die hulp van die gemeenskap om diegene te identifiseer hok geslaan word. Hy sê diewe teiken sekere gebiede meer gereeld veral tydens beurtkrag. Die burgermeester Micheal Segede het intussen sy stem by die van Williams gevoeg en gese dis ontoelaatbaar dat gewone mense en sakelei onder die tipe misdadigheid moet lei terwyl niemand na vore kom en diegene raporteer nie. Hy sê die munisipaleteit doen alles moontlik om kabeldiefstal hok te slaan maar benodig die hulp van die gemeenskap om dit met wortel en tak uit te wis.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media