Sapd skieter borg geweier

Die Nasionale Vervolgingsgesag in die Noord-Kaap sê hy beoog om die borgtogaansoek van die 38 jarige Daniel Alberts teën te staan wat daarvan beskuldig word dat hy twee polisiebeamptes doodgeskiet het. Alberts het na bewering die beamptes tydens 'n jaagtog noodlottig geskiet toe die polisie hom in Augustus in 'n gesteelde motor gewaar het. Daniel Alberts staan tereg op aanklagte van moord, roof en diefstal. Tydens sy laaste verskyning het hy sy borgtogaansoek laat vaar, en die hof het beveel dat hy vir 'n psigiatriese evaluasie gaan. Die beskuldigde sal na verwagting vandag in die Kimberley-landdroshof verskyn. Die Nasionale Vervolgingsgesag se provinsiale woordvoerder is Mojalefa Senokoatsane sê die saak is nog in sy vroeë stadium aangesien ondersoeke wat deur die SAPD gelei word in hierdie saak voortgaan. Senokoatsane sê, tydens sy vorige verskyning het hy aangedui dat hy nie om borgtog gaan aansoek doen nie. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media