Die demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap het die beweerde misbruik van staatsbronne deur ‘n lid van die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer by die Wetgewer se Etiekkomitee aangemeld. Die lid verteenwoordig volgens die DA ‘n ander politieke party.
Dit blyk dat die betrokke lid nie woon by die huis wat op belastingbetalers se onkoste voorsien word nie. Die DA het ook vrae oor reiseise wat moontlik betaal word vir pendeltoere wat onderneem word wanneer die betrokke lid se fisiese teenwoordigheid by die Wetgewer vereis word. As dié lid nie in Kimberley woon nie en by staatsbehuising sowel as ‘n reistoelaag vir pendeltoere baat, is dit ‘n verdere misbruik van staatsfondse. Die DA sê, terwyl stygende lewenskoste dit vir baie families moeilik maak om kos op die tafel te sit, het openbare verteenwoordigers ‘n ekstra plig om oordeelkundig en doeltreffend met openbare fondse te werk. Dit is ‘n skreiende skending van die publiek se vertroue om publieke fondse op hierdie manier te verspil.0
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za