Leerlinge, vak adviseurs en leerkragte het vanoggend vroeg in
die pad geval oppad na Stellenbosch in die Wes- Kaap vir die finale been van
die 2023 Woorde Open Wêrelde spelfees wat more in volle swang afgesluit word.
Die ZF Mgcawu distrik het ‘n 21- getal verteenwoordiging teenoor die 60- tal
provinsiale verteenwoording wat dit sal uitspook teenoor skole regoor die land.
Die distrik deelname toon ‘n toename in vergeleke met die 17 leerlinge wat laas jaar deelgeneem het, en
volgens Me, Dwyli distrik koordineerder van die WOW vir die onderwys department
is hierdie toename in leerling deelname merkwaardig. Die WOW vier ook vanjaar sy
20ste herdenking wat ten doel is om die spel, klank en lees vaardighede van
leerlinge te verbeter. Dwyli sê sy is hoopvol vir ten minste vyf leeringe wat
eerste posisie sal behaal in die onderskeie kategorieë.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com