‘n Span
deur die Noord-Kaapse departement van onderwys onder leiding van Johan Pekkeur is
tans onderweg in de ZF Mgcawu distrik met die provinsiale inligtingstoer wat
daarop gemik is om bewustheid te skep oor onopgeëiste pensioenvoordele. Bymonde
van Pekkeur is hul satelliet kantoor vandag by die Fanie Malan Primêre skool,
in Upington tot vier uur namiddag, waar amptenare wie onopgeeiste pensioenvoordele
het die nodige dokumentasie kan voltooi.Volgends Pekkeur is daar nagenoeg 600 onopgeeiste
pensioenvoordele. Hy sê dat hulle gister besoek afgelê het aan Postmasburg,
waar onderwysers alreeds paraat was om die proses te voltooi.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com