Nagenoeg 100
onderwysers word vandag vereer deur die LUR verantwoordelik vir onderwys in die
Noord - Kaap, Zolile Monakali ter viering van Wêreld Onderwysers dag.
Volgens Geoffrey Van Der Merwe, provinsiale kommunikasie skakel vir onderwys,
is Kakamas identifiseer juis omdat dit samelopend is met die LUR se besoek
gister aan die Kakamas hoërskool se lente skool intervensie program. Van Der
Merwe sê die skool vakansie het bydrae tot die bepaalde getal onderwysers
wie deel is van die dag se vieringe. Wêreld
Onderwysersdag verteenwoordig 'n beduidende poging om bewustheid, begrip en
waardering te verhoog vir die noodsaaklike bydrae wat onderwysers tot onderwys
en ontwikkeling regoor die wêreld maak.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com