Aanleg besoek oor water kwessie by Warrenton

Die VF Plus se raadslede in die Frances Baard-distriksmunisipaliteit het die minister van staatsdiens en administrasie, Noxolo Kiviet, vergesel met haar besoek aan die watersuiweringsaanleg van Warrenton in die Magareng-plaaslike munisipaliteit. Sedert ʼn vloed in Februarie 2023 die pyp van die suiweringsaanleg na die dorp meegesleur het, is inwoners van Warrenton sonder water. Alhoewel herstelwerk hieraan volgens inligting ʼn maand gelede voltooi is, is groot dele van die dorp steeds sonder water weens swak onderhoud aan die verouderde verspreidingsnetwerk. Dit het ook waterlekkasies tot gevolg. Die waarnemende munisipale bestuurder van Magareng, Tumelo Thage, het aan die minister verklaar dat daar tans geen watertekorte in die dorp is nie. Die party sê in 'n verklaring, VF Plus se takvoorsitter op Warrenton, Sonet Bryant, het dit met bewyse weerspreek. Thage het voorts gesê dat die suiweringsaanleg teen sowat R82 miljoen opgegradeer word. Werk het in 2020 begin en behoort teen Maart 2024 voltooi te wees, na aanvanklike vertragings met die kontrakteurs. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media