Die Noord-Kaap Landbou, Omgewingsake,
Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het vandag rekenaar programme
bekendgestel wat in boerdery van toepassing is by die Mittah
Seperepere-konvensiesentrum Kimberley. Hierdie programme genaamd, YoAgro, sal
boere help om hul boerdery-aktiwiteite vooraf te beplan en 'n streng
rotasie-oes te volg en vermy om dieselfde gewasse in dieselfde grond in twee
opeenvolgende seisoene te oes. CattleWatch is 'n moderne afstandmonitering-
program wat boere van klein en groot beeskuddes in staat sal stel om hul vee
meer effektief te bestuur en die TAIG-toepassing is 'n sagteware program wat
die trekkereienaar verbind met boere wat trekkerdienste benodig.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com