’N Noord-Kapenaar wat in Upington met ’n Pangolienvel betrap is, is tot ’n boete van R50 000 gevonnis. Luitenant-kolonel Tebogo Thebe, woordvoerder van die Valke, sê Zandray Dawids 40 is in Januarie 2021 in hegtenis geneem nadat hy met pangolinevel by 'n vragmotorstop op die N14-pad in Upington gevind is. Thebe sê, Dawids is aangekla van die besit van 'n bedreigde spesie, vervoer en handeldryf in bedreigde spesies en geldwassery. Die Upington-streekhof het Dawids soos volg gevonnis op die hoofaanklag van die besit van bedreigde spesies het die hof 'n boete van R50 000 opgelê. Vervoer en handel in bedreigde spesies, gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar. Op die laaste aanklag van geldwassery is die beskuldigde tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis en ook vir vyf jaar opgeskort.â€
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za