LUR Monakali besoek lente skole kampe in ZFM

Lentekampe is tans aan die gang waar graad 12-leerders hierdie intervensieprogram gebruik ter voorbereiding vir die nasionale senior sertifikaat. Die lur verantwoordelik vir onderwys in die Noord-Kaap, Zolile Monakali het vroeër vandag leerders en onderwysers toegespreek terwyl hy besoeke gebring het aan hierdie kampe wat aan die gang is by hoërskole S.C Kearns, Saul Damon en Keimoes. Monakali het tydens sy besoek woorde van wysheid en aanmoediging gedeel met die klas van 2023, voor die eindeksamen. Die departement sê dat hierdie besoeke 'n vorm van ondersteuning vir hierdie leerders is terwyl hulle voorberei vir die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Die departement is hoopvol dat die klas van 2023 die provinsie weer op die kaart sal plaas met ’n slaagpersentasie wat die 80 persent-kerf oorskry. Die lur se besoeke het om negeuur die ogend begin en is 11:30 by die Kakamas hoërskool afgesluit.  

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media