Die onafhanklike landbou weerkundige Johan Van Den Berg sê voorspellings dui aan dat redelike swaar neerslae in die eerste 10 dae van Oktober in Suid Afrika sal voorkom. Dit volg te midde van grootskaalse oorstromings in die Noordkaapse Namakwa streek waar paaie wegespoel is. Hy sê wat koue fronte en tropiese vog betref, is die groot gevaar dat baie stormagtige toestande kan voorkom en noordwaarts kan uitbrei. Van Den Berg sê koue fronte gaan steeds aktief wees. Van Den Berg sê verder wat die somerreen gebied betref kan toestande op die langtermyn gedurende die tweede helfte van Oktober gunstiger wees vir reen oor die gebied met die uitsondering van die westelike dele van die Noordkaap provinsie en suidelike en suidwestelike dele van Namibie met 'n baie groot gevaar vir stormagtige toestande en veral hael vir die gebied tussen Oktober en November, wat sterk wind insluit wat brandgevare verhoog. Intussen is 'n brandgevaar vir die grootste deel van die Noordkaap uitgereil terwyl 'n sand storm gisternag groot gedeeltes van die Dawid Kruiper en Kai Garib getref het.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za