Die Noordkaapse uitvoerende komitee lid van die ANC Moses Moalusi het na bewering vanuit die ANC as uitvoerende lid bedank. Dit volg nadat hy beskuldig is dat hy na bewering van beide die ZF Mgcawu streeksmunisipaleteit en die departement van landbou omgewingsake en landelike ontwikkeling salarise ontvang het. Die streeks sekretaris van die ANC Deshi Ngxanga het volgens Netwerk 24 gesê Moalusi was onwillig om te bedank nadat hy versoek is om vrywillig te bedank. Pakes Dikgetsi van COPE wie die onthullings gemaak het sê, hy het 'n bedrog klagte hangend gemaak en hou vol dat Moalusi se pos by die departement geskep is en bewys is van die ANC se kaderontplooingsbeleid.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za