Nagenoeg 60 leerlinge regoor die provinsie gaan eerskomende Saterdag deelneem aan die Nasionale WOW spelfees wat in Stellenbosch plaasvind. Een - en - Twintig van die totaal is leerlinge vanuit die ZF Mgcawu distrik wat insluit leerlinge vanaf Sternham intermedier, Kalksloot intermedier, Paballelo hoërskool, Duineveld, hoër, Hoërskool Upington, en Oranje Noord en op die Voorpos laerskole. Die leerlinge sal vergesel word deur 7 onderwysers en 5 vakadviseurs vanuit die distrik. Bymonde van Me, Dwyli distrik koordineerder van die WOW vir die onderwys departement, is die onderwys gemeenskap tevrede met die hoeveelheid leerlinge wat deurgedring het na die nasionale rondte. Dwyli sê terwyl talle ander leerlinge op 'n week lange breek is, sal hierdie leerlinge en onderwysers tesame met ouers wat 'n belangrike komponent is, voorberei vir die finale been van die kompetisie. Sy sê dat 1500 leerlinge in die distrik deelgeneem het aan die eerste rondte van die spel fees.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com