Vrou 'n jaar later steeds soek

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens se die bejaarde Noord-Kaapse vrou, Lydia van Wyk, wat vermis geraak het terwyl sy meer as ’n jaar gelede by haar dogter in Sutherland gekuier het, is nog nie gevind nie. Volgens luitenant-kolonel Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, is die 73-jarige Van Wyk op 26 Januarie 2022 deur haar dogter as vermis aangemeld. Kock says, Lydia (alias Lietie) is oorspronklik van Calvinia, maar is laas by die De Bron-plaas naby Sutherland gesien waar sy by haar dogter gekuier het. Hy se, toe sy vermis geraak het, het sy 'n bruin rok aangehad en is 1,5 meter lank, skraal gebou, het grys hare en praat Afrikaans. Hy se, die Sutherland-polisie, Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se soek-en-reddingspan en die gemeenskap het die bergagtige gebiede en oral om Sutherland fyn gefynkam, maar kon nie die bejaarde kry nie. Die polisie versoek dat enigiemand met inligting die maaste polisie kontak. Polisie ondersoek in die saak duur voort.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media