Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap is besorgd dat die provinsiale regering voortgaan om die voorgenome samesmelting van provinsiale openbare entiteite verkeerd te bestuur. Die party se, dit gaan dit vir entiteite moeiliker maak om hul regulerende rol te vervul en om betekenisvol tot die provinsiale ekonomie by te dra.
Antwoorde op geskrewe vrae deur die Noord-Kaapse departement van ekonomiese ontwikkeling bevestig dat daar geen kosteberekening was vir twee wetsontwerpe wat in Mei vanjaar in die staatskoerant gepubliseer is nie. Die twee wetsontwerpe gaan die raamwerk vir provinsiale openbare entiteite aansienlik wysig.
Die DA se die gebrek aan ‘n behoorlike kostebepaling is ‘n struikelblok vir die sukses van entiteite, veral vir die mega-entiteit wat geskep sal word deur wysigings aan die wette wat die Noord-Kaapse ekonomiese ontwikkelingsraad en die toerismeraad tot stand bring. Die skepping van die mega-entiteit behels meer as die blote samesmelting van die ekonomiese ontwikkelingsraad met die toerismeraad, want die wetsontwerp skep nuwe mandate wat nie voorheen deur een van die twee entiteite gedryf was nie. Die DA se, met ‘n uitgebreide werkloosheidsyfer van 43%, kan die Noord-Kaap dit nie bekostig om enige geleentheid vir ekonomiese ontwikkeling en groei te verspil nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za