Duisende hektaar grond geskenk

MEER as 34 600 hektaar grond wat deur die De Beers-groep besit word, is aan die Namaqua Nasionale Park geskenk as deel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek, wat van 16 September tot 24 September gestrek het. Die senior kommunikasiebestuurder van De Beers, Jackie Mapiloko, sê die skenking vorm deel van die mynreus se verbintenis tot die behoud van biodiversiteit. Die grond, wat deur die De Beers-groep besit word, word sedert 2008 deur SANParke bestuur. Die inlywing van hierdie grond het die beskerming van unieke biodiversiteit binne die Sukkulente Karoo-bioom, die wêreld se enigste droë biodiversiteit-brandpunt, ondersteun. Mapiloko se, De Beers se skenking van hierdie ongerepte grond verbind hierdie gebied tot die nasionale beskermde gebiedsnetwerk tot gedeelde voordeel van alle Suid-Afrikaners. Die besturende direkteur van De Beers Managed Operations, Moses Madondo, het gesê die skenking is ter erkenning van die maatskappy en SANparke se doelwit om die natuur te beskerm.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media