Die onafhanklike landbou weerkundige Johan Van Den Berg se voorspellings dui aan dat redelike swaar neerslae in die eerste 10 dae van Oktober Suid Afrikaners se voorland gaan wees. Dit volg te midde van grootskaalse oorstromings in die Noordkaapse Namakwa waar paaie wegespoel is asook infrastruktuur beskadig is in die Weskaap. Hy se wat koue fronte en tropiese vog betref is die groot gevaar dat baie stormagtige toestande kan voorkom en noordwaarts kan uitbrei. Van Den Berg se kouefronte gaan steeds aktief in Suid Afrikaners oor die suidelike gedeelte van die land spook met koue lug uit die poolgebiede. Van Den Berg se verder wat die somerreen gebied betref kan toestande op die langtermyn gedurende die tweede helfte van Oktober gunstiger wees vir reen oor die gebied met die uitsondering van die Westelike dele van die Noordkaap provinsie en suidelike en suidwestelike dele van Namibie met 'n baie groot gevaar vir stormagtige toestande en veral hael vir die gebied tussen Oktober en November wat sterk wind insluit wat brandgevare verhoog.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za