Miljard rand se skade na brande

Agri SA sê minstens R1 miljard se oeste en vee is vernietig weens brande wat sedert middel Augustus in dele van die Noord-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Limpopo gewoed het. Die bedrag sluit ook skade aan infrastruktuur in. Die mees onlangse brand is Sondag in die Noord-Kaap geblus by Danielskuil, danksy broodnodige reënval. Christo van der Rheede, Agri SA HUB, het Sondag aan News24 gesê minstens 1,2 miljoen hektaar grond is deur die voortslepende brande in die provinsies geraak. Hy sê, baie boere is verpletter weens die verlies van weiveld en vee, soos skape, beeste en wild, wat doodgebrand is of doodgemaak moes word. Van der Rheede het gesê 'n fonds om geaffekteerde boere by te staan, het sowat R1,6 miljoen uitgedeel, maar meer is nodig. Hy het ’n beroep op simpatiseerders gedoen om hul webwerf te besoek om skenkings te maak. Van der reede sê as gevolg van al hierdie uitdagings is boere tans aanspreeklik vir ’n geraamde R205 miljard se skuld – ’n hoë las wat diegene wat deur die brande geraak is nie in staat is om hierdie jongste tragedie te absorbeer nie. Hy het 'n beroep op munisipaliteite in kwesbare gebiede gedoen om voldoende instandhouding van openbare infrastruktuur te verseker. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media