Weer

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n oranje vlak 6 weerwaarskuwing uitgereik vir gevaarlike golwe, donderstorms en sterk winde vir die week. Dit volg ná ‘n vlak 9 weerwaarskuwing uitgereik was die naweek, wat verskeie oorstromings en skade aan inwoners, veral in die Wes-Kaap, veroorsaak het. Dit word verwag dat die Wes-Kaap en Oos-Kaap die ergste van die weer sal ervaar. Die SAWD het reën van 100 tot 200mm voorspel met winde wat tot die spoed van 80km/h kan gaan. Gevaarlike golwe is voorspel langs die kus, veral langs die Tuinroete en tussen Cape Agulhas en Plettenbergbaai. Daar is verskeie vakansiegangers vasgekeer op die Tuinroete na paaie verspoel het. Verskeie huise in Kaapstad se informele nedersettings is ook gevloed. Die SAWD het ook gesê die koue front wat tans in die land is kan donderstorms en reën oor dele van die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Vrystaat veroorsaak. Daar is ook ‘n waarskuwing uitgereik oor oorstromings wat deur die reën veroorsaak kan word. Daar is voorspel dat die koue front vandag sal begin opklaar en uit die land beweeg maar mense word steeds gewaarsku om versigtig te wees.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media