Die Postmasburg SAPD, Verkeersafdeling, Brandweer en alle ander relevante rolspelers het hulp verleen die afgelope naweek met woedende brande langs die R385-pad naby Postmasburg.
Die brande was volgens berigte sporadies en dit veroorsaak swaar rookwolke op die paaie wat sigbaarheid gevaarlik maak vir motoriste wat in die rigting van Koopmansfontein, Danielskuil, Lime Acres en Postmasburg ry.
Motoriste was versoek om alternatiewe roetes vir hul eie veiligheid te gebruik aangesien die situasie veral gedurende die nag gevaarlik was. Die brande is intussen onder beheer gebring.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za