Verskeie paaie is die afgelope naweek in die Richtersveld in die Namakwa streek oorstroom, na swaar reen in die gebied uitgesak het. Die Kamiesberg rampbestuurder Hennie Adams sê, paaie naby Kuboes en ander gemeenskappe is onbegaanbaar met 'n waarskuwing aan inwoners om uiters versigtig te wees en slegs te reis indien uiters noodsaaklik. Motoriste wort ook aangemoedig om van alternatiewe roetes gebruik te maak waar noodig.Die oorstromings, die tweede van sy soort, kom na onlangse reen ook grootskaalse skade aan die Namakwastreek gerig het en verskeie gemeenskappe afgesny was en selfs lewensverlies geraporteer is. Riviere invloei is intussen ook in die Hantam by Calvinia geraporteer
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za