Die afgelope Saterdag het die tweede agtereenvolgende Elton Esau herdenkings toernooi plaasgevind by 8 SAI sportgronde, waar twee plaaslike spanne en twee spanne van die Wes- Kaap mekaar die stryd aangesê het. Die Sunwolves het 'n nederlaag ervaar toe hulle lês laat opsê is deur die Barbarians met 26 teenoor 7, en veelmalige kampioene United het die All Blacks van Oudtshoorn verslaan met 45 -19. United RFC het die beker van die toernooi verower in 'n senutergende eindstryd teen laasjaar se kampioene, Bellville Barbarians met 21-14. Volgens Ronald Isaacs, voositter van United was beide spanne se verdediging en teen aanvalle uitstekend. Die toernooi is ten doel om te bou op die stewige fondasie wat wyle Elton Esau gelê het en ook om die toernooi op te dra in tere herinnering aan Gurswhin Michael's, onstlape speler van United Rugby Klub wat vroeër vanjaar sy lewe as gevolg van 'n rugby besering verloor het.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com