Tekorte binnekort aangespreek

Die LUR vir gesondheid in die Noordkaap het onlangs aangekondig dat die provinsie se hospitaale wat insluit die Robert Mangaliso Sobukwe Hospitaal in Kimberley en Dr. Harry Surtie in Upington gebug gaan onder die tekort aan mediese dokters. Na die onlangse aankondiging het die minister van gesondheid Joe Phahla aangekondig dat minstens 2 000 poste vanjaar vir gegradueerde dokters geskep is. Phahla sê sedert Januarie is amper 4ooo poste vir mediese dokters geadverteer en gevul – vergeleke met die 2 053 poste van 2022. Phaahla het in 'n geskrewe parlementêre antwoord op 'n vrae van die Nasionale Vryheidsparty gesê die bykomende poste is befonds om werklose mediese dokters te akkommodeer.Phaahla het egter gesê nie alle gegradueerde dokters doen aansoek om die poste nadat hulle gemeenskapsdiens voltooi het nie, weens hul persoonlike voorkeure. In die Noordkaap is mediese dokters aangemoedig om aansoek te doen ondanks die afstands uitdaging terwyl jong studente aangemoedig word om hulleself as mediese dokters te kwalifiseer. Die minister sê verder dat die departement van gesondheid oop bly om werklose dokters na provinsies te verwys vir werwing na waar daar befondsde poste beskikbaar is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media