Dit munisipale bestuurder van Sol Plaatjie Thapelo Matlala het Dinsdag tydens 'n media-inligtingsessie by die raadskantore gesê, die voortdurende vandalisme van munisipale infrastruktuur belemmer dienslewering aan die inwoners van Kimberley. Volgens Matlala is verskeie gebiede in die stad sonder elektrisiteitstoevoer of behoorlike sanitasie gelaat weens die infrastruktuur wat gevandaliseer en gesteel is.
Matlala het gesê die herstel van gevandaliseerde infrastruktuur is duur vir die stad. Matlala se ’n program is in Roodepan ontplooi om te verseker dat die straatligte en hoëmasligte werk. Hy sê vandalisme duur egter steeds voort en mense ly daardeur. 'N beroep is op gemeenskappe gedoen, om op te staan teen vandalisme.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za