Ouers oor sosiale media gemaan

Ouers wort aangemoedig om hul kinders dop te hou en die gevare wat daaragter skuil om hulle in staat te stel om deel te neem aan die talle TikTok-uitdagings wat die rondte doen. Die sielkundige Mark Solomon van Upington se die onverantwoordelike gebruik van Sosiale Media sonder oorsig kan 'n negatiewe invloed op kinders se veiligheid he. Hy se hy stem saam met Mike Bolhuis dat meer bewusmaking oor veral Tik Tok uitdagings nodig is. Hy se terwyl dansstyle, komiese sketse en voice-overs op verskeie sosialemediaplatforms die norm geword het, het gespesialiseerde sekuriteitsmaatskappye ouers versoek om ook bewus te wees van die gevare van sommige van hierdie uitdagings. Spesialis-ondersoeker Mike Bolhuis sê platforms soos TikTok het onlangs die mees duidelike bron van volwasse inhoudskepping geword. Volgens die spesialisondersoeker, is toepassings soos TikTok as gevolg van die toename en bevordering van onvanpaste inhoud reeds in verskeie lande verbied, insluitend China, waar dit ontstaan het, Indië, Bangladesj en Pakistan.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media