Prieska jeug opleiding

Vyftig jongmense van Prieska en omliggende dorpe is toegerus met sekuriteitsvaardighede nadat hulle 'n drie weke lange sekuriteitsopleidingsprogram voltooi het wat deur Landile Security Services en MBP Solar aangebied is. Die opleidingsprogram was daarop gemik om die hoë werkloosheidsyfer in die Siyathemba munisipale gebied aan te spreek. Die maatskaplike prestasie-koördineerder vir MBP Solar, Joan Nel, sê die opleidingsprogram bied ook aan die deelnemers die kans om moontlike sakegeleenthede in die sekuriteitsektor te identifiseer. Die program het hulle ook toegerus met noodsaaklike vaardighede en die nodige geakkrediteerde kwalifikasies om werk in die sekuriteitsektor te verseker asook om hul toegang tot die algehele arbeidsmark te verhoog.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media