Vandag is die finale dag van die Thusong diens week in Loeriesfontein in die Namakwa streek. Die Thusong week het Maandag afgeskop in Kimberley en was vir die duur van die week by verskillende Thusong sentrums regoor die provinsie van stapel gestuur. Volgens Willem Van Dalen word die deure van dié Thusong sentrum vandag amptelik geopen en dat hulle opgewonde is vir hierdie ontwikkeling. Hy sê die nagenoeg drie honderd mense wat hul opwagting gemaak het is meer as wat te wagte was. Van Dalen brei uit..Insetsel- Thusong
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com