Southridge, ʼn woonbuurt van Kimberley in die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Modderrivier en Ritchie) se verlaagde eiendomswaarde het 'n werklikheid geword.
Tydens ʼn spesiale raadsitting op Donderdag 21 September, is daar gestem om ʼn groot deel van die Southridge-woongebied teen afslagpryse aan die Phomolong 109-groep te verkoop.
Phomolong 109 is ʼn groep inwoners wat hulself as voorheen benadeelde inwoners van Kimberley beskryf.
Die munisipaliteit se hoof stadsbeplanner, mnr. Ngoako Modiba, het in die resolusie aan die raad verklaar dat dié transaksies deur die munisipale verordening, Sol Plaatje se beleid op grond en ander onroerende kapitale bates (2016), toelaatbaar is. Southridge gaan reeds gebuk onder uitdagings soos tekortkominge in infrastruktuur, rioollekkasies en swak paaie wat nie onderhou word nie. Die erwe wat beskikbaar gestel word, is nie van die nodige dienste voorsien nie.
Die plaaslike inwoners is nie in die saak geken nie. Die VF Plus het saam met van die ander opposisiepartye buite stemming gebly.......
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za