Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag bevestig steftes van vier

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se nasionale hoofkwartier het in 'n amptelike verklaring bevestig dat vier lede van die mag inderdaad gesterf het ongeveer 17:20, op 20 September 2023. In die verklaring bevestig die weermag ook dat twee ander lede in 'n kritieke toestand in die Dr Harry Surtie-hospitaal is, met nege ander wat ligte beserings opgedoen het. Dit volg nadat 'n Samil50 vragmotor wat gesleep is van 'n ander samil 50, 'n band gebars het wat beide voertuie laat omslaan en op die oorledenes beland het. Die SANW sê kapelane en maatskaplike werkers bied ondersteuning aan die onderskeie gesinne. Die minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, en haar kantoor het hul meegevoel met die bedroefde families, vriende en kollegas betuig. Die gesinne het gedurende hierdie tydperk vir privaatheid gevra. 

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media