Weer waarskuwing

Onderwyl grootskaalse skade weens 'n veldbrand reeds in beide die ZF Mgcawu en die Frances Baard streke van die Noordkaap geraporteer is, waarsku die onafhanklike landbou weerkundige Johan Van Den Berg dat winderige en koue toestande van vandag oor bykans die hele land verwag kan word. Hy se 'n frontale stelsel gaan oor die land beweeg en gevaarlik tot uiters gevaarlike brandtoestande gaan voorkom. Die toestande is volgens Van Den Berg tipies die begin van die somer reenseisoen veral in 'n jaar wat 'n El Nino stelsel voorkom. Meer as 4duisen veldbrande het sedert Mei tot 10 September vanjaar vir minstens 309 duisend 180 hektaar weiding gelei in net die Vrystaat aleen, met brande wat tans sporadies regoor die land ervaar word. Wydverspreide donderstorms word oor die Noordkaap, Wes en Oos kaap verwag asook in die suide van die Vrystaat, met swaar neerslae wat tot vloede kan lei in die weste en erge donderstorms Sondag in die binneland van die Noordkaap.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media