Die Noord-Kaapse departement van onderwys het vandag deelgeneem aan die Staatsdienskommissie se burgerforum in Fraserburg in die Namakwa-distrik. Die hoofdoel van hierdie gemeenskapsvergadering is om uitdagings wat inwoners in die gesig staar wat dienslewering in gedrang bring, uiteen te sit. Kwessies wat deur die gemeenskap geopper was wat Onderwys behels, is die hoë getal leerlinge wie ontrek vanuit die onderwys stelsel, dwelmmisbruik, vandalisme van skoolinfrastruktuur en leerderafwesigheid. Die departement sê hy sal die Kwaliteit Leer en Onderrig-veldtog in die gebied begin om van dié uitdagings wat leerderprestasie affekteer te oorkom.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com