da stem met vosloo

Die Demokratiese Alliansie in die Noord-Kaap sê hy is besorgd dat die provinsiale regering versuim om behoorlik vir die impak van die nasionale finansiële krisis te beplan. In 'n verklaring sê die DA, vrae wat tydens gister se huissitting gestel is, bevestig dat die provinsie die begroting met R750 miljoen gaan sny. Die party sê, dit sal ‘n beduidende impak op basiese dienslewering en die vermoë van departemente om hul pligte na te kom, hê. Die DA se hy stem saam met die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling & Toerisme, Abraham Vosloo, dat dit ‘n groot som vir die provinsie is maar is besorgd dat die LUR Vosloo die impak van die nasionale finansiële krisis op die provinsie afmaak as ‘n nietigheid. Die DA se hy is van mening dat die metodes moet gebruik wort, wat suksesvol in DA-beheerde areas aangewend is. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media