noordkaap myn gaan groen

Onafhanklike kragprodusent Enernet Global  het vandeesweek aangekondig dat hy 'n kragkoopooreenkoms onderteken het om 'n 12MW DC-sonkragfotovoltaïese -aanleg met Vedanta Zinc International  se Black Mountain-mynboubedrywighede te bou, besit, bedryf en in stand te hou. Die aanleg sal na verwagting jaarliks 29 gigawatt-ure elektrisiteit opwek, wat 'n gedeelte van die huidige Eskom-toevoer vervang. Dit sal koolstofvrystellings met sowat 12 244 ton per jaar verminder vergeleke met Eskom-toevoer. Bouwerk sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2024 begin en ongeveer nege maande neem om te voltooi. Enemet Global het bygevoeg dat die projek ook direkte en indirekte werksgeleenthede in die Khâi-Ma munisipale gebied en Namakwa-distrik sal genereer, beide in die konstruksie en 25-jaar bedryfsduur van die aanleg. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media