ondersoek na spoorlyk in kimberley

Die polisie het ’n doodsondersoek geopen na die dood van ’n voetganger wie se lyk na bewering vandeesweek langs die treinspoor naby Cassandra in Kimberley gevind is. Daar word vermoed dat die ongeïdentifiseerde man dood is, nadat hy op 11 September omstreeks 22:00 deur 'n bewegende trein getref is. Polisiesersant Timothy Sam sê die oorledene was 'n onbekende man wat na raming tussen die ouderdomme van 50 en 60 jaar oud was.Die polisie sê in 'n verklaring, hulle ondersoek die omstandighede wat tot die voorval gelei het. Die identiteit van die oorledene is in hierdie stadium onbekend en die polisie versoek die publiek wat moontlik 'n manlike familielid vermis om die polisie te kontak. Polisie woortvoervoerder Kaptain Timothy Sam sêalle inligting wat ontvang word, sal vertroulik hanteer sal word. Intussen het gemeenskapslede in Beaconsfield gesê ’n man het sowat twee weke gelede sy arm verloor in ’n onverwante treinongeluk.’n Ooggetuie het gesê die man het probeer om op die bewegende trein te spring toe hy onvas geraak en op die treinspoor geval het. Hy het gesê dat die man oorleef het, hoewel sy arm tydens die voorval afgesny is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media