Die Noord Kaapsse Vereniging vir Blindes bied na verwagting op 27 Oktober ’n “Voices in the Darkâ€-aand aan, by die Noord-Kaap Teater. Die voorsitter van die Noord-Kaapse Vereniging vir Blindes, Desiree Brockbank, sê die swartdas-geleentheid sal deel vorm van Wêreldsigdag-bewusmaking en die gehoor sal die “krag van klank†kan ervaar. Brockbank sê, ses talentvolle siggestremde kunstenaars van regoor Suid-Afrika gaan die verhoog betree om ’n verskeidenheid musiekgenres aan te bied. Sy sê, al die ligte sal tydens die konsert afgeskakel word sodat die gehoor kan ervaar hoe dit is om op hul gehoor staat te maak, deur die vibrasies te voel. Brockbank sê, dit is iets wat nog nooit voorheen gedoen is nie en sal nog 'n eerste vir Kimberley wees. Die geleentheid sal na verwagting om 7uur die aand afskop.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za