Pakes Digetsi voer aan dat lid van ANC twee salarisse ontvang van die staat.

Nasionale kommitteelid van  Cope, Pakes Digetsi, sê in 'n verklaring dat 'n provinsiale uitvoerende kommitteelid van die ANC in die Noord-Kaap, Moses Moalusi twee salarisse deur die staat betaal is. Digetsi sê dit is 'n kriminele oortreding van bedrog wat deur hom gepleeg is. Hy meld verder dat hy ’n bedrogsaak by die Suid-Afrikaanse polisiediens gaan aanteken. Intussen het die ANC 'n verklaring reageer op die bewerings wat deur Digesti gemaak is, waarin die party sê dat Moalusi onder onmiddellike skorsing geplaas sal word as 'n PUK-lid en daar nie verwag word dat hy aan enige werkinge en strukture van die ANC deel te neem nie. Speaker van die ZF Mgcawu-distrik munisipaliteit, Stanley Peterson het ontken dat Moalusi twee salarisse van die munisipaliteit ontvang het in die duur van sy diens kontrak by die entiteit. Volgens Peterson het die dienskontrak van  Moalusi in Maart 2023 verstryk. 

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media