Vier lede van die Suid-Afrikaanse Nationale Weermag verbonde aan die 8 SAI militere-basis in Upington, is in 'n motorongeluk dood. Die oënskynlike voorval het na bewering gister ongeveer 90 kilometer buite Upington plaasgevind op pad na die opleidingsbasis in Lohatla. Die oorsak van die ongeluk is tans onbekend met die weermag wat sê, 'n amptelike verklaring oor die voorval sal later uit geruik wort. Daar word egter beweer dat 'n 50 ton vragmotor 'n ander 50 ton vragmotor gesleep het en die vragmotor wat gesleep is, se regter voorband het na bewering gebars wat meegebring het dat albei voertuie omslaan. Die weermag het die sterftes van die vier lede bevestig en se ‘n paar lede is by die Dr. Harry Surthie hospitaal op geneem vir mediese behandeling.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com