'N volgende taxi staking dreig na afloop van die week weens omstandighede wat na bewering nie verbeter by die plaaslike taxi staanplek in Upington nie. Die taxi gemeenskap beplan om taxi dienste en ekonomiese bedrywighede tot stilstand te bring indien die burgemeester van die Dawid Kruiper Munisipaliteit, Michael Sigede, nie teen die einde van more terugvoering sal gee nie. Taxi dienste was op 27 Julie vanjaar tot stilstand gebring, weens ondraaglike en onveilige omstandigehde wat ervaar word, en volgens die taxi gemeenskap word hulle griewe ignoreer deur die burgemeester. Laasgenoemde het op die dag van die staking die taxi gemeenskap toegespreek en beloof om terugvoering te gee, maar sedertdien het Segede geen woord gerep nie. Bymonde van 'n patrolleerder by die taxi staanplek is die gebied onveilig vir die publiek veral saans, omdat slegs een lig werk en die res is buitewerking. Hy sê die ablusie geriewe is in haaglike kondisies, wat boonop 4 uur namiddae gesluit word, wat omstandighede ondraaglik maak. Die patrolleerder sê die boegenoede kwessies is 'n druppel in die emmer van die uitdagings wat hulle ervaar as taxi gemeenskap. Hy sê dit is onaanvaarbaar dat die hul griewe nie aandag genet nie, en Sigede se stilswye dreig hulle tot protes aksie.
Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com