Da na hof oor gamagara oorname

Die Demokratiese Alliansie (DA) sê hy sal die hooggeregshof in Kimberley vir die tweede keer in net meer as ‘n maand nader, om die ANC en EFF se onwettige verwydering van die DA-burgemeester in die Gamagara munisipaliteit, Henriette du Plessis, te beveg. Die DA sê, die party sal nie toelaat dat die ANC en die EFF die wet breek in hul pogings om beheer van die munisipaliteit te wen nie. Die hof het voorheen ‘n dringende interdik toegestaan om die eerste onwettige verwydering van die DA-burgemeester, wat op 7 Augustus 2023 plaasgevind het, tersyde te stel. Die DA-burgemeester en die Speaker van die Gamagara Gemeenskaps Forum was heraangestel totdat daar ‘n bevinding in die DA se hofsaak is. Mosies van wantroue teen burgemeester Du Plessis en Gamagara Gemeenskaps Forum Speaker, Shepard Mines, was die enigste twee items op die raad se agenda vir die vergadering op Woensdag 13 September. Die DA se hofsaak teen die eerste onwettige mosie van wantroue sal op 2 November 2023 hervat. Daar sal mettertyd gekommunikeer word oor die hofsaak vir die interdik.Die DA sal onwettige magsvergrype beveg en voortgaan om hulp van die howe te soek.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media